stukkieKAAP

cropped-StukkieKaap-Swart-2

 Ons is nie n politieke party nie.  

Ons kan jou die die hele kaap belowe nie, maar stuur graag vir jou ‘n stukkie.

 

Die stukkiekaap platform is geskep om aan wyn en toerisme kliënte wie tans nie ‘n aanlyn winkel het nie, so platform te skep.  Dit stel ook verbruikers in staat om bokse te meng en met lae risiko nuwe produkte aan te koop.  

 

stukkieKAAP bied verbruikers die geleentheid om ‘n stukkie Kaap te ervaar.

Hetsy deur besoeke of produk.

Toeriste  het die geleentheid om enkel aankope te doen, en daarna die verskeping aan StukkieKaap oor te laat.

Gaan rustig voort met jou besoek.  Sodra jy tuis kom, wag daar ‘n stukkieKAAP op jou voorstoep.

Virtuele Toeriste kan ‘n mengsel van hul eie gunsteling produkte saamsit, vir aflewering, en sonder die reiskoste hulself met ietsie te bederf.

Hierdie aanlyn platform is spesifiek ontwikkel om klein en medium produsente ‘n platform te gee vir bemarking.  Geen lysfooie word gehef nie en waar nodig sal die span help om die produkfotos te bekom of produkbeskrywing te voltooi.  Daarmee saam word alle administratiewe take rondom hierdie verkope deur die stukkieKAAP span behartig.